
=====================================================================
Ywer uit onverwagte oord (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ywer uit onverwagte oord

Matilda Smith   vertel van haar vennoot, Gladys Setlalentoa   van Mangaung, wie se toewyding en werkywer 'n Afrikaanse boekeskat vir haar 
leerlinge en gemeenskap help besorg het.

GEDURENDE die tagtigerjare het die neiging begin ontstaan om Afrikaans en die fondament waarop hierdie taal gebou is, binne 'n brer 
perspektief te plaas. Hoewel mense toe reeds besef het dat Afrikaans sy dak nie oor net 'n sekere groep mense span nie, kon bitter min 
akademici wat hulle in die hartjie van die Afrikaanse departemente aan universiteite bevind het, voorsien hoe wyd en ver die bakens van 
Afrikaans in die daaropvolgende dekade versit sou word.

Hierdie uitskuif van grense word nie net beleef in die toename in studentegetalle van nie-moedertaalsprekers wat Afrikaans as 
universiteitsvak neem nie, maar ook in die mate waarin hierdie nie-moedertaalsprekers Afrikaans in hul eie gemeenskappe begin bevorder.

Een so 'n persoon is mev. Gladys Setlalentoa, 'n deeltydse student aan die Universiteit Vista. Sy is 'n graad 3-onderwyseres aan Daluxolo 
Primre Skool in Mangaung.   Sowat 'n jaar gelede het sy haar behoefte teenoor my uitgespreek om 'n Afrikaanse biblioteek in Mangaung te 
vestig. Haar rede hiervoor was primr om leesstof aan haar leerlinge te verskaf. Dit is egter vir haar ook belangrik om aan die brer 
gemeenskap van Mangaung die geleentheid te bied om Afrikaanse boeke en tydskrifte te lees.

Ons het besluit om saam met 'n projek te begin en op die daad is die breinkind van mev. Setlalentoa "Die Mangaung Biblioteekprojek" gedoop. 
Hierna is Die Volksblad genader: Binne twee maande het ons   vanwe die omvattende publisiteit en kleurfoto's sowat 12 000 boeke ingesamel. 
Van hierdie boeke is reeds deur mev. Setlalentoa verwerk in toneelstukkies wat haar leerlinge by ouetehuise in Mangaung en Bloemfontein 
opgevoer het. Die insamelingsproses van die hope boeke en die uitstappies na die ouetehuise is deur die Stigting vir Afrikaans geborg.

Die Mangaung Biblioteekprojek dien as 'n   vertrekpunt vir navorsing van die Universiteit Vista se departement Afrikaans   in Bloemfontein 
waar Afrikaanse lesmateriaal vir skole deurgaans gevalueer en onderhoude met leerlinge gevoer sal word. Uit hierdie ontmoeting van die 
universiteit met die gemeenskap wat hy dien, kan waardevolle navorsing volg.

Verdere ontwikkelings soos die vestiging van leeskringe kan ook uit die projek spruit. In hierdie verband word daar met die UOVS se 
departement Afrikaans onderhandel. Die samewerking tussen universiteite en verskillende dissiplines is belangrik vir hierdie projek. Met 
die nuwe benadering tot onderrig wat Kurrikulum 2005 impliseer, pas die   projek goed in by die nuwe uitkomsgerigte doelwitte wat gestel 
word.

Mev. Setlalentoa was nog altyd 'n voorstander van die idee dat haar leerlinge nie passiewe aanhoorders van Afrikaans moet wees nie. Dit is 
vir haar baie belangrik dat die kinders aktief deelneem aan klasaktiwiteite. In die verlede het mev. Setlalentoa graag haar skoolkinders na 
Vista se Afrikaansdae gebring om hul Afrikaanse vaardighede te slyp.

In onlangse koerantberigte is verwys na die tekort aan handboeke by skole en die voorstel dat onderwysers hul eie lesmateriaal sal moet 
skep. Mev. Setlalentoa het hier al vooruitgeloop sodat ons tydig toestemming van READ (Read, Education and Development) gekry het om hul   
lesmateriaal (wat ontwikkel is binne die raamwerk van die Uitkomsgebaseerde Onderrigprogram) te vertaal en te kopieer. Die gevolg van mev. 
Setlalentoa se strategiese denke was dat haar Afrikaans-leerlinge van die eerste skooldag in 1998 kon wegspring met die nodige lesmateriaal 
wat daarop gemik is om motoriese en denkvaardighede te bevorder. Drie kwartale se werk moet egter nog verwerk en gekopieer word.

Na aanleiding van die aktiwiteite by Daluxolo het 'n ander onderwyseres, hierdie keer van 'n tradisioneel bruin skool in Wieganida, die 
Koot Niemann Primre Skool, laat blyk dat sy   hulp nodig het om werklik gehalte-onderrig te gee. 'n Diktaat van sowat 140 bladsye is 
gekopieer wat die hele jaar se werk betrek. Die onderwyseres van wie ek hier praat, is mev. Leonie Boshoff,   'n graad 4-onderwyseres wat 
haar hele gesin betrek by die ontwikkeling van lesmateriaal. Die koste het sy tot nou toe self gedra. Sy kombineer onder andere hand-, 
naald- en verfwerk met haar lesmateriaal.

Die vermelde twee onderwyseresse het hulle bereid verklaar om ander leerkragte by te staan met die kennis wat hulle reeds ingewin het en 
die materiaal wat hul reeds ontwikkel het. Sodra daar geld beskikbaar is om 'n gebou te huur waar die sowat 12 000 boeke behoorlik gebruik 
kan word (die boeke is tans nog by READ), sal die lokaal ook dien as ontmoetpunt waar onderwysers kennis en lesmateriaal kan uitruil. Dit 
is duidelik dat Kurrikulum 2005 baie kreatiwiteit en eie inisiatief gaan vereis om lesmateriaal te ontwikkel wat uitkomsgerig is.

Ek glo dat as Afrikaans-departemente aan universiteite betrokke raak by skole en onderwysers in die ontwikkeling van onderrigmiddels, ons 
met 'n wenresep sit om Afrikaans vinnig op koers te kry binne die nuwe onderwysbedeling.

Dit lyk asof Afrikaans een van die uitdagendste tye en daarmee saam een van die opwindendste tye tegemoetgaan. Dit is nie net van oor die 
water dat hande gevat wil word nie, soos deur ons stamlande Belgi en Nederland. Ook in ons townships word die markiestent vir Afrikaans 
opgerig. Anders as in 1976 slaan die inwoners van die townships hierdie keer self die tentpenne in. Matilda Smith   is verbonde aan die 
departement Afrikaans van die Universiteit Vista.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av522.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

